Episode 28: Christo en Abrie Cronje

Loading player...
Boerdery in die Vrede-distrik van die Vrystaat is meer ‘broederskap’ as buurmanskap.

Aldus die Cronje-broers, Christo en Abrie, wat boer op ‘n familieplaas wat reeds die afgelope 70 jaar aan die Cronje’s behoort.

Die boerdery beslaan ’n saaiery, veevertakking, veevoeraanleg, braaihoenders en selfs ’n vervoerbedryf.

Vir die Cronje-broers gaan dit daaroor om die voorsieningsketting so kort as moontlik te maak.

Hoewel Christo en Abrie onafhanklik die onderskeie entiteite van die boerdery bedryf, geniet hulle die onderlinge ondersteuning van die familieboerdery - vernaam wanneer dit kom by kritieke sakebesluite.

Hulle glo daarin om te waak teen stagnasie, want dis in elke boer se belang om voortdurend sy besigheid groter en beter te probeer maak.
25 Jul 2022 Afrikaans South Africa Business · Education

Other recent episodes

Van Vloed tot Vooruitgang: Corné Du Plessis se Strategie vir Suksesvolle Melkboerdery

Hoe bou en bestuur jy ’n suksesvolle melkery te midde van vloede, bek-en-klouseer, stygende produksiekoste en wateruitdagings? In hierdie episode gesels ons met die Suid-Afrikaanse melkboer Corné oor die groei en bestuur van ’n groot melkery in die Gamtoos- en Visriviervalleie. Hy deel sy ervaring met langtermyn-huurooreenkomste, groot infrastruktuurbeleggings en…
21 Oct 1 hr 10 min

From 1 Cow to 1,400 Dairy Cows: Richard Mingay's Journey

What does it take to turn one cow into a thriving dairy farming operation with 1,400 cows in milk? In this episode, South African dairy farmer Richard Mingay shares the remarkable story behind his journey from receiving his first cow, Flossy, as a young boy in Underberg to building a…
21 Oct 1 hr 12 min

Ginkel Jordaan: Die Geheim van ’n Next-Level Melkboer

Wat onderskei ’n goeie melkboer van ’n melkboer wat werklik sy boerdery na die volgende vlak neem? In hierdie episode gesels ons met Ginkel Jordaan oor die krag van samewerking in die landbou, die belangrikheid van produksiesyfers en hoe boere hul grootste uitdagings kan identifiseer en oorkom. Suksesvolle melkboerdery gaan…
12 Oct 1 hr 02 min

Episode 2: Buhle Farmers Academy

Die Buhle Farmers Academy is ‘n unieke, nie-winsgewende organisisasie wat jong, opkomende boere prakties oplei, by hulle Delmas-kampus wat bykans 180ha beslaan, om susksesvol en volhoubaar te wees in die landboubedryf. Buhle help hierdie jong landboukundiges as’t ware om die ‘gawe’ van boerdery ten volle te ontdek, aldus die instansie…
31 Jan 2020 51 min

Agri SA Kongres 2019: Thoko Didiza

Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het begrip vir die diepgaande probleme wat die landbousektor tans in die gesig staar; probleme as gevolg van die erge droogte, wat heelwat boere in sak en as laat sit, en dit lei uit die aard van die saak tot geweldige negatiewe…
18 Nov 2019 46 min