KOPSKUIF - Dr Sonia Joubert, 'n sielkundige gesels oor die krag van denke

Loading player...
Dink jy ooit daaroor of jy regtig genoeg vir jouself dink? Hoekom is dit so maklik om net saam met ander se denke te gaan, en hoe ontwikkel ’n mens jou eie, onafhanklike denke? Sielkundige, dr. Sonia Joubert, gesels op Kopskuif oor die krag van denke.

In hierdie insiggewende gesprek verken ons hoe jy jou verstandelike vermoë én veerkragtigheid kan versterk. Dr. Joubert verduidelik hoe ’n mens jou brein kan herbedraad, en sy deel insigte oor hoe om jou optimale breingesondheid te bevorder. Sy lig ook die werklike impak van negatiewe gedagtes op jou lewe uit.

Verder vertel sy meer oor haar Thinkingfit‑program en hoe dit jou kan help om jou denke doelbewus te ontwikkel.
21 Mar Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

Kom luister hoe Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes, en Chareldine van der Merwe, projekbestuurder

Kom luister op 25 Julie op Kopskuif hoe Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes, en Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die Vriende van Afrikaans (VVA), gesels. As onderwyser, gemeenskapsleier en voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes verenig Brandon ’n paar liefdes: Afrikaans, opvoeding, kultuur, kuns en gemeenskap. Chareldine se…
25 Jul 52 min