Dinsdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

Loading player...
PSALMS 10
Die vromes roep om hulp teen hoogmoedige vyande
1Waarom staan U so ver weg, Here?
Waarom trek U U terug in tye van nood?
2Die goddeloses is vol van hulleself, hulle vervolg 'n hulpelose man.
Laat hulle gevang word deur die sluwe planne
wat hulle self uitgedink het.
3Die goddelose verlustig hom nou al
in wat hy hoop om in die hande te kry.
Die een wat hom wil verryk ten koste van 'n ander,
wens homself by voorbaat geluk.
Hy verag die Here.
4Neus in die lug sê hy:
“God vra tog geen rekenskap nie!”
In al sy planne is daar geen plek vir God nie.
5Dit gaan mos altyd goed met wat hy aanpak.
U oordele is vir hom te ver weg, buite sy gesigsveld.
Hy snork met veragting oor al sy vyande.
6Hy dink: ek sal nie wankel nie
en die ongeluk sal my nooit tref nie.
7Hy lê 'n vloek op almal,
hy onderdruk en bedrieg,
hy bedink onheil en onreg.
8Hy lê onskuldiges voor agter die heinings
en vermoor hulle in die geheim.
Hy loer rond in die donker.
17 Mar 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Past Deon Bosch

1 PETRUS 3 15In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.
15 Sep 2AM 11 min

Maandag Oggenddiens - Past Deon Bosch

GENESIS 16 Abram, Sarai en Hagar 1Sarai het nog nie vir haar man Abram 'n kind in die wêreld gebring gehad nie. Sy het 'n Egiptiese slavin met die naam Hagar gehad. 2Toe sê Sarai vir Abram: “Die Here het my nou eenmaal daarvan weerhou om kinders te kan hê…
14 Sep 2AM 15 min

Sondagaand Erediens - Ds Wimpie Raath

1 TESSALONISENSE 3 12En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle. 1 PETRUS 2 22“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” ROMEINE 12 Riglyne vir…
13 Sep 1PM 19 min

Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

1 JOHANNES 4 God is liefde 7Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar:…
13 Sep 3AM 30 min