Sondagaand Erediens - Dr Belinda van der Vlies

Loading player...
PREDIKER 3
Elke ding het sy vaste tyd
1Elke ding het sy vaste tyd,
elke ding in hierdie wêreld het sy tyd:
2daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe,
'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek,
3'n tyd om 'n lewe te neem, 'n tyd om 'n lewe te red,
'n tyd om af te breek, 'n tyd om te bou,
4'n tyd om te huil, 'n tyd om te lag,
'n tyd om te treur, 'n tyd om van blydskap te dans,
5'n tyd om klippe weg te gooi, 'n tyd om hulle bymekaar te maak,
'n tyd om te omhels, 'n tyd om weg te bly van omhelsing af,
6'n tyd om aan te skaf, 'n tyd om te laat wegraak,
'n tyd om te spaar, 'n tyd om weg te gooi,
7'n tyd om te skeur, 'n tyd om toe te werk,
'n tyd om stil te bly, 'n tyd om te praat,
8'n tyd om lief te hê, 'n tyd om te haat,
'n tyd vir oorlog, 'n tyd vir vrede.
9Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei?
15 Mar 1PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Ds Bergh Müller

JOHANNES 10 14“Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, 15net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape. 16Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet…
25 Mar 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

MATTEUS 26 37Hy het vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saamgeneem. Toe het Hy bedroef en beangs geword 38en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My.” 39Hy het 'n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en…
24 Mar 2AM 10 min

Maandag Oggenddiens - Ds Bergh Müller

1 PETRUS 2 21Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg. 22“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” 23Toe Hy beledig…
23 Mar 2AM 12 min

Sondagaand Erediens - Prof Pieter Verster

MARKUS 16 Jesus het opgestaan (Matt. 28:1-8; Luk. 24:1-12; Joh. 20:1-10) 1Toe die sabbatdag verby was, het Maria Magdalena en Maria die ma van Jakobus, en Salome reukolie gekoop om die liggaam daarmee te gaan balsem. 2Die Sondagmôre baie vroeg kom hulle by die graf aan net toe die son…
22 Mar 1PM 22 min

Sondagoggend Erediens - Prof Pieter Verster

MARKUS 15 Pilatus lewer Jesus oor om gekruisig te word (Matt. 27:15-26; Luk. 23:13-25; Joh. 18:38 – 19:16) 6Elke paasfees het Pilatus vir die mense een gevangene, die een wat hulle gevra het, losgelaat. 7Daar was 'n man met die naam Barabbas in die tronk saam met ander opstandelinge. Hulle…
22 Mar 3AM 26 min