21 Dae van Liefde: 'n Uitdaging

Loading player...
Madeleen Steenkamp is terug op Praatjies met Pulane en hierdie keer kom sy met 'n uitdaging vir diegene wat meer liefde in hul lewens wil ervaar. 'n 21-dae uitdaging - om meer doelbewus lief te hê, met ons woorde en ons dade. Die vrug? Hoe meer liefde jy gee, hoe meer kom terug. Toets dit self en pluk daardie vrug.
29 Jan Afrikaans South Africa Leisure · Personal Journals

Other recent episodes

Seer met intimiteit... is dit normaal of nie?

Madeleen Steenkamp, kliniese sielkundige van Bloemfontein, gesels met Pulane Nel-Sekepe oor 'n ongemaklike, maar belangrike onderwerp. Baie jong paartjies wat hulself vir die huwelik gespaar het, beleef 'n moeilike en hartseer wittebrood omdat daar fisiese, mediese en selfs sielkundige redes kan wees waarom intimiteit só pynlik is dat dit byna…
4 Aug 9 min

Slaaf, Baas of Spanmaats - Wie doen wat in die huis?

In die ou dae het manlief gewerk en vroulief was tuis. Die algehele tradisionele denke is dan dat vroulief wat tuis is moet kosmaak en skoonmaak en kinders grootmaak. Maar In vandag se tyd werk altwee... So wie moet dan nou daardie verantwoordelikheid kry vir huis take? Madeleen Steenkamp en…
3 Aug 10 min

Hoeveel verskil jou behoeftes van jou maat sin?

Pulane Nel-Sekepe deel 'n brokkie uit haar eie verhouding met ons, oor hoe haar en haar man se behoeftes verskil, en vra Madeleen Steenskamp se raad op die gebied. Madeleen verduidelik mooi dat 'spesies' verskil, en as ons kan aanvaar dat 'n hond wil gaan stap as behoefte, maar 'n…
30 Jul 9 min

'n Opvolg vraag oor intimiteit neem 'n interesante draai...

Na die vorige gesprek met Madeleen Steenkamp, het 'n luisteraar se vraag ingekom: Die raad is gevolg, hul het gepraat en 'n middeweg gevind... maar hoe nou gemaak as die 1 maat dan nie by die beplanning wil hou nie? Pulane en Madeleen se gesprek neem dan ook 'n dieper…
6 Jul 13 min

Ervaar jy geaardheidsveranderinge tydens familiebyeenkomste?

Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp bespreek 'n vraag wat vanaf 'n luisteraar ingekom het. Hoe gemaak as jou lewensmaat skielik snaaks, ongeskik, of buite karakter optree gedurende familiebyeenkomste? Hoe benader jy so 'n gesprek met jou maat, om seker te maak jy verstaan dalk die rede agter dit.
3 Jul 9 min