Emosionele vs Fisiese behoeftes

Loading player...
"Hy sorg vir haar hart – sy sorg vir sy lyf"
Wyse woorde van Madeleen Steenkamp tydens haar gesprek met Pulane Nel-Sekepe in dié episode van Truth Thursday.

Madeleen verduidelik hoe mans fisiese aanraking dikwels as ’n uitdrukking van liefde ervaar, terwyl vroue se behoefte aan emosionele verbinding soms eerste kom. Wanneer ’n vrou se emosionele behoeftes nie vervul word nie, kan dit vir haar moeilik wees om op haar man se fisiese behoeftes te reageer. Dit beklemtoon hoe belangrik dit is dat paartjies verstaan dat hulle liefde soms op verskillende maniere ervaar en uitdruk. Wat vir die een maat na liefde en nabyheid voel, beteken nie noodwendig dieselfde vir die ander nie.

Pulane deel ook ’n oulike voorbeeld van hoe paartjies vooraf kan gesels oor die emosionele ondersteuning wat hulle op verskillende oomblikke nodig het. Wanneer ’n vrou byvoorbeeld haar hart wil uitpraat, is sy nie noodwendig op soek na raad of ’n oplossing nie. Soms het sy bloot iemand nodig wat luister, haar verstaan of ’n skouer bied om op te huil.

Sulke gesprekke kan help om misverstande te voorkom en ’n dieper emosionele band tussen maats te bou. Deur openlik te kommunikeer oor wat elkeen nodig het, leer paartjies om mekaar beter te ondersteun, eerder as om te aanvaar dat hul maat vanself sal weet wat om te doen. Dit gaan nie daaroor om mekaar se gedagtes te lees nie, maar om bereid te wees om te luister, vrae te vra en mekaar se behoeftes ernstig op te neem.

Die belangrikste boodskap? Jy kan nie wag dat jou maat eers in jou behoeftes voorsien voordat jy bereid is om in sy of haar behoeftes te belê nie. It takes two to tango! ’n Gesonde verhouding vra dat albei maats moeite doen om mekaar se emosionele én fisiese behoeftes te verstaan en te respekteer. Wanneer albei bereid is om te gee, te luister en mekaar tegemoet te kom, skep hulle ruimte vir groter intimiteit, vertroue en ’n liefde wat oor tyd kan groei.
26 Oct Afrikaans South Africa Leisure · Personal Journals

Other recent episodes

Moenie ophou om 'kêrel en meisie' te wees wanneer julle ouers word nie

Hoe beïnvloed kinders ’n verhouding of huwelik? Dit is die vraag wat Pulane Nel-Sekepe aan verhoudingskenner en kliniese sielkundige Madeleen Steenkamp stel in dié gesprek. Madeleen beklemtoon hoe belangrik dit is dat paartjies nie toelaat dat hul identiteit as pappa en mamma hul verhouding as kêrel en meisie heeltemal oorneem…
27 Oct 7 min

Menopouse – ’n nuwe fase wat begrip en ondersteuning vra

Pulane Nel-Sekepe vra vir Madeleen Steenkamp om ons meer te vertel oor menopouse – ’n natuurlike, maar dikwels uitdagende fase waardeur baie vroue gaan. Hoewel sommige vroue min simptome ervaar en ander dit baie intens beleef, is een ding seker: hormoonveranderinge kan ’n groot invloed hê, nie net op ’n…
8 Sep 7 min

Openbare liefkosing: Wat is die regte hoeveelheid?

Pulane en Madeleen gesels oor openbare liefkosings, meer algemeen bekend as PDA (Public Display of Affection). Madeleen verduidelik dat daar nie noodwendig ’n reg of verkeerd is wanneer dit by openbare liefdesbetuigings kom nie. Elke paartjie moet eerder hul eie unieke middeweg vind wat vir hulle albei werk. Dit is…
8 Sep 6 min

Kan kommunikasie jou verhouding red?

Madeleen Steenkamp, ’n kliniese sielkundige van Bloemfontein wat in verhoudings spesialiseer, deel met ons die twee belangrikste boustene van ’n gesonde verhouding – intimiteit en kommunikasie. In hierdie gesprek verduidelik Madeleen hoe hierdie twee aspekte van kardinale belang is om ’n verhouding sterk te hou en hoe paartjies dit doelbewus…
7 Sep 12 min

Maak jou wit-leuntjie dalk seerder as die waarheid wat jy probeer wegsteek?

Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp gesels oor die effek wat jok en wit leuentjies op ’n verhouding met jou lewensmaat kan hê. Madeleen deel ’n voorbeeld van ’n man wat ná vyf jaar uiteindelik eerlik teenoor sy vrou was oor ’n wit leuentjie. Sy was briesend – nie noodwendig oor…
3 Sep 10 min