KOPSKUIF - Wiskunde Maak Sin: Wilhelm du Toit oor Syfervaardigheid, Kids Genius en Praktiese Wenke vir Graad 4–7

Loading player...
Wilhelm du Toit, ’n ervare opvoedkundige met jarelange kundigheid in wiskundeonderrig en betrokke by die ontwikkeling van die Kids Genius-program, gesels oor hoe leerders se syfervaardigheid effektief ontwikkel kan word. Die gesprek fokus op die Kids Genius-program, wat spesifiek gemik is op leerders in grade 4 tot 7.

Wilhelm deel sy passie vir syfers, die leerproses en die kind as opvoedeling, en bied praktiese, toepaslike wenke vir ouers, onderwysers en kinders om wiskunde beter te verstaan en met meer selfvertroue aan te pak.
24 Jan Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

Kom luister hoe Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes, en Chareldine van der Merwe, projekbestuurder

Kom luister op 25 Julie op Kopskuif hoe Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes, en Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die Vriende van Afrikaans (VVA), gesels. As onderwyser, gemeenskapsleier en voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes verenig Brandon ’n paar liefdes: Afrikaans, opvoeding, kultuur, kuns en gemeenskap. Chareldine se…
25 Jul 52 min