KOPSKUIF - Gewoontes vir die Goeie Lewe | Schalk van Heerden oor ’n Geloof wat ’n Lewenswyse is

Loading player...
In hierdie podcast gesels Schalk van Heerden oor die Gewoontes vir die Goeie Lewe – klein, volgehoue gewoontes wat ons help om geloof nie net as ’n stel oortuigings te sien nie, maar as ’n lewenswyse.

Schalk verduidelik hoe hierdie geestelike gewoontes ’n praktiese raamwerk bied om alle dele van ons lewe – werk, verhoudings, rus, diens en aanbidding – doelbewus in verhouding met God te bring. Hierdie gesprek nooi luisteraars uit tot ’n dieper, meer geïntegreerde Christelike leefstyl wat elke dag gevorm word deur eenvoudige, getroue praktyke.
3 Jan Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

Kom luister hoe Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes, en Chareldine van der Merwe, projekbestuurder

Kom luister op 25 Julie op Kopskuif hoe Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes, en Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die Vriende van Afrikaans (VVA), gesels. As onderwyser, gemeenskapsleier en voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes verenig Brandon ’n paar liefdes: Afrikaans, opvoeding, kultuur, kuns en gemeenskap. Chareldine se…
25 Jul 52 min