16 Dae van Aktivisme herinner ons: Bewustheid is die beginpunt. Wat gebeur stil-stil in jou verhouding?

Loading player...
Wanneer iemand wat jy liefhet vasgevang is in mede-afhanklikheid, kan dit maklik voel asof jy hulle nie kan help nie. Ware hulp begin egter by jou eie bewustheid en genesing. Deur eerlik na jou eie rolle en patrone te kyk, leer jy hoe om grense te stel, te ondersteun sonder om op te offer, en ander te lei na gesonder maniere van leef en liefhê. Hierdie gesprek is vir almal wat wil verstaan hoe ons onsself en ander kan help om uit die siklus van pyn en afhanklikheid te breek.
27 Nov 2025 Afrikaans South Africa Leisure · Personal Journals

Other recent episodes

Is jy of jou maat die mees selfsugtigste in julle verhouding?

Om bewus te word van ons eie selfsug is om in liefde te groei. Madeleen Steenkamp is hierdie week terug om oor selfsug te gesels. Hoe word ons bewus van ons eie selfsug? "We are witnesses to each other's lives" sê Madeleen, en so help ons mekaar om bewus te…
5 Feb 12 min

21 Dae van Liefde: 'n Uitdaging

Madeleen Steenkamp is terug op Praatjies met Pulane en hierdie keer kom sy met 'n uitdaging vir diegene wat meer liefde in hul lewens wil ervaar. 'n 21-dae uitdaging - om meer doelbewus lief te hê, met ons woorde en ons dade. Die vrug? Hoe meer liefde jy gee, hoe…
29 Jan 4 min

Hoekom ons oor en oor baklei

Ons ondersoek hoekom paartjies vasval in dieselfde argumente en wat werklik agter die herhalende konflikte lê – plus praktiese maniere om die siklus te breek.
4 Dec 2025 9 min

Godsdiens in 'n verhouding

Hoe kies ons om ons geloof in 'n verhouding te navigeer? Madeleen en Pulane bespreek die neem van moeilike besluite, die respekteer van mekaar en die aangaan van kompromieë, veral met die toekoms en die grootmaak van kinders in gedagte.
20 Nov 2025 6 min