KOPSKUIF - Farming God’s Way: Bemagtig Gemeenskappe en Veg Teen Voedselsekuriteit – ’n Gesprek met Grant Dryden

Loading player...
“God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ’n ryk oes laat oplewer.” – 2 Korinthiërs 9:10

In Kopskuif gesels Grant Dryden oor Farming God’s Way. In hierdie gesprek deel Grant hoe Farming God’s Way nie net ’n organisasie is nie, maar ’n kragtige hulpbron wat gemeenskappe bemagtig om werklik ’n verskil te maak.
Grant vertel ook hoe hierdie organisasie ’n betekenisvolle antwoord bied op die uitdagings van voedselsekuriteit en die armoedekrisis wat landbougemeenskappe regoor die land in die gesig staar.

Luister verder hoe Grant verduidelik dat Farming God’s Way gegrond is op drie verweefde invloedsfere – Bybelse beginsels, goeie bestuur en toepaslike tegnologie – wat deurgaans met mekaar verweef is.
15 Nov 2025 Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

Kom luister hoe Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes, en Chareldine van der Merwe, projekbestuurder

Kom luister op 25 Julie op Kopskuif hoe Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes, en Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die Vriende van Afrikaans (VVA), gesels. As onderwyser, gemeenskapsleier en voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes verenig Brandon ’n paar liefdes: Afrikaans, opvoeding, kultuur, kuns en gemeenskap. Chareldine se…
25 Jul 52 min