(OUJAARSDAG) Woensdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

Loading player...
1 SAMUEL 7

Die verlossing by Mispa
2Vandat die ark in Kirjat-Jearim 'n staanplek gekry het, het daar 'n lang tyd verloop, twintig jaar. Toe het al die Israeliete by die Here gekla oor hulle verdrukking, 3en Samuel het vir hulle gesê: “As julle met julle hele hart na die Here terugkom, moet julle alle vreemde gode tussen julle uit verwyder, ook die Astartes. Rig julle harte op die Here en dien Hom alleen. Dan sal Hy julle red uit die mag van die Filistyne.”
4Die Israeliete het toe die Baäls en die Astartes verwyder en net die Here gedien.
5Toe sê Samuel: “Die hele Israel moet by Mispa bymekaarkom, dan sal ek vir julle tot die Here bid.”
6Hulle het by Mispa bymekaargekom, water geskep en dit voor die Here uitgegiet. Op daardie dag het hulle gevas en daar het hulle bely: “Ons het teen die Here gesondig.”
Samuel het die Israeliete in Mispa onderrig oor wat reg en verkeerd is.
7Die Filistyne het verneem dat die Israeliete by Mispa bymekaargekom het, en die Filistynse regeerders het teen hulle opgetrek. Toe die Israeliete dit hoor, was hulle bang vir die Filistyne.
8Die Israeliete sê toe vir Samuel: “Moenie ophou om die Here ons God vir ons om hulp te smeek nie, sodat Hy ons uit die mag van die Filistyne kan red.”
9Samuel het 'n suiplam gevat en dit in sy geheel aan die Here as brandoffer geoffer. Hy het ook die Here om hulp gesmeek vir Israel, en die Here het sy gebed verhoor. 10Samuel was nog besig om te offer, toe kom die Filistyne nader om teen Israel te veg. Op daardie dag het die Here 'n groot donderweer oor die Filistyne laat losbars. Die Here het hulle verwar, en hulle is deur die Israeliete verslaan. 11Die Israeliete het van Mispa af die Filistyne agtervolg en hulle verdryf tot onderkant Bet-Kar. 12Samuel het toe 'n klip gevat en dit regop gesit tussen Mispa en Sen. Hy het die plek Eben-Haeser genoem, “want,” het hy gesê, “tot nou toe het die Here ons gehelp.”
Opsomming van Samuel se werk
13Die Filistyne is verslaan en het nie weer in die gebied van Israel gekom nie. Die Here was teen die Filistyne so lank as Samuel geleef het. 14Die stede wat die Filistyne van Israel afgevat het, is deur Israel herower, van Ekron af tot by Gat. Israel het sy gebied uit die mag van die Filistyne bevry.
Verder was daar vrede tussen Israel en die Amoriete.
15Samuel was sy lewe lank 'n leier in Israel. 16Hy het van tyd tot tyd rondgegaan, by Bet-El, Gilgal en Mispa. By al hierdie plekke het hy Israel se hofsake verhoor. 17Daarna het hy weer na Rama toe teruggegaan waar sy huis was, en ook dáár het hy Israel se hofsake verhoor. Daar het hy ook 'n altaar vir die Here gebou.
31 Dec 2025 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

2 KORINTIËRS 5 Die bediening van die versoening 11Ons weet wat dit beteken om die Here te dien. Daarom probeer ons die mense oortuig. God ken ons bedoelings, en ek vertrou dat julle ook van ons bedoelings oortuig is. 12Ons prys onsself nie opnuut by julle aan nie. Ons gee…
8 Jan 1AM 19 min

Woensdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

2 KORINTIËRS 5 1Ons weet dat, wanneer ons aardse woning wat maar 'n tent is, afgebreek word, ons 'n vaste gebou in die hemel het. Dit is 'n woning wat nie deur mense gemaak is nie, maar deur God, en dit bly ewig staan. 2Terwyl ons in die tentwoning leef,…
7 Jan 1AM 19 min

Dinsdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

EFESIËRS 2 Lewe uit die dood 1Julle was dood as gevolg van julle oortredings en sondes 2wat voorheen julle lewenswyse gekenmerk het. Julle het gelewe soos hierdie sondige wêreld en julle laat lei deur die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in…
6 Jan 1AM 19 min

Maandag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

ROMEINE 3 19Dit weet ons: alles wat Moses se wet sê, sê hy vir dié wat die wet het. Niemand sal hom dus kan verweer nie, en die hele wêreld is strafwaardig voor God. 20Daarom sal geen mens op grond van wetsonderhouding deur God vrygespreek word nie; inteendeel, deur die…
5 Jan 1AM 19 min

Sondagaand Erediens - Ds Horace van Coller

FILIPPENSE 4 4Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. 7En die vrede van God wat alle…
4 Jan 12PM 17 min