Kaapsehoop hou Saterdag 'n dag ter herinnering aan al die gevalle soldate by die historiese begraafplaas. Claudette Currie-Lateray vertel meer. oor die geskiedenis.
Donna James is op 'n missie om fondse in te samel vir die CHOC Foundation wat kinders met kanker ondersteun. Sy hardloop ultra-marathons in die buiteland. 150 km in Egipte is reeds agter die blad. Die Great Wall of China-marathon wag op haar volgende week.
Callum Mac Pherson van Securicon gesels weekliks met Laeveld Brunch oor veiligheid. Hy vertel meer oor hul betrokkenheid by die soektog na 'n vermiste sakeman in die Komatirivier die afgelope week.
Twee spelers van Mpumalanga is vanjaar ingesluit om Suid-Afrika by die Statebond Skaakkampioenskap in Sri Lanka te gaan verteenwoordig. Junior Master Bafana Sgudhla (14) en Nkosikhona Jele (19) kuier saam met die president van Mpumalanga Skaak, Vumi Maluleke, by die Middag Game Drive.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.