Dinsdag Oggenddiens - Past Neville Goodchild

Loading player...
1 PETRUS 1
1Van Petrus, 'n apostel van Jesus Christus.
Aan die uitverkorenes van God, vreemdelinge in die wêreld, wat verspreid woon in die provinsies Pontus, Galasië, Kappadosië, Asië en Bitinië. 2Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus.
Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!
Die lewende hoop en die egte geloof
3Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop 4op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. 5En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word. 6Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings 7sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus.
12 Aug 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

LUKAS 22 42“Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied!” MATTEUS 27 46Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?
18 Dec 1AM 21 min

(GELOFTEDAG) Dinsdagoggend Erediens - Past Pieter Calitz

PSALMS 66 Hoe ontsagwekkend is u werk! 1Vir die koorleier. 'n Lied. 'n Psalm. Juig tot eer van God, almal op aarde! 2Sing tot roem van sy Naam, gee Hom die eer wat Hom toekom! 3Bely voor God: Hoe ontsagwekkend is u werk! U mag is groot, u vyande kruip…
16 Dec 2AM 21 min