Vrydag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

Loading player...
SPREUKE 4
1Kinders, neem die opvoeding wat 'n vader julle gee, ter harte;
slaan daarop ag, sodat julle kan leer wat insig is,
2want wat ek julle leer, is goed;
moenie die onderrig wat ek gee, versmaai nie.
3Ek was ook eenkeer 'n kind,
my moeder se oogappel, haar enigste.
4My vader het my toe ook geleer en vir my gesê:
“Wat ek jou sê, moet jy vashou,
my voorskrifte moet jy uitvoer, sodat jy werklik kan lewe.
5Sorg dat jy wysheid bekom, en insig!
Moenie my woorde vergeet en daarvan afwyk nie;
6maak die wysheid jou metgesel, dit sal jou beskerm;
as jy dit liefhet, sal dit jou veilig bewaar.
7Die wysheid kom eerste.
Sorg dat jy wysheid bekom,
gee alles wat jy het, om insig te kry!
8Slaan dit hoog aan, dan sal dit aan jou aansien gee.
Dit sal jou 'n man van betekenis maak as jy dit vasgryp.
9Dit sal jou lewe versier,
dit sal vir jou 'n sierlike kroon wees.”
8 Aug 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Ds Bergh Müller

JOHANNES 10 10'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. 11“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. 15net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken;…
26 Mar 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Bergh Müller

JOHANNES 10 14“Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, 15net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape. 16Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet…
25 Mar 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

MATTEUS 26 37Hy het vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saamgeneem. Toe het Hy bedroef en beangs geword 38en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My.” 39Hy het 'n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en…
24 Mar 2AM 10 min

Maandag Oggenddiens - Ds Bergh Müller

1 PETRUS 2 21Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg. 22“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” 23Toe Hy beledig…
23 Mar 2AM 12 min

Sondagaand Erediens - Prof Pieter Verster

MARKUS 16 Jesus het opgestaan (Matt. 28:1-8; Luk. 24:1-12; Joh. 20:1-10) 1Toe die sabbatdag verby was, het Maria Magdalena en Maria die ma van Jakobus, en Salome reukolie gekoop om die liggaam daarmee te gaan balsem. 2Die Sondagmôre baie vroeg kom hulle by die graf aan net toe die son…
22 Mar 1PM 22 min