Woensdag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

Loading player...
SPREUKE 1
1Spreuke van Salomo seun van Dawid, koning van Israel.
2Dié spreuke is bedoel
om mense wysheid te leer en hulle te onderrig
sodat hulle sal weet
wanneer iemand verstandig praat.
3So sal hulle 'n behoorlike opvoeding ontvang en 'n sin vir regverdigheid, reg en billikheid.
4Wie nog nie kennis het nie, sal verstandig word,
jongmense sal leer om met kennis en oorleg op te tree.
5Selfs wyse mense kan na die spreuke luister
en so tot dieper insig kom.
Wie reeds die nodige kennis het, kan die kuns aanleer
6om spreuke en sinspelings,
woorde en raaisels van wyse mense te begryp.
7Kennis begin met die dien van die Here;
dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.
6 Aug 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdag Oggenddiens - Past Neville Goodchild

PSALMS 32 U het my skuld vergewe 1'n Gedig van Dawid. Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word. 2Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar…
9 May 2AM 15 min