Spreeklewe - Vergifnis

Loading player...
Efesiërs 4:31-32 sê:
"Laat alle bitterheid, woede, gramskap, geskreeu en kwaadpraat onder julle verdwyn, saam met alle boosheid. Wees vriendelik en vol medelye teenoor mekaar, en vergewe mekaar, soos God julle ook in Christus vergewe het."
Daar is ’n ou gesegde wat lui:
“Haat is soos om self uit ’n beker met gif te drink en te wag dat die ander persoon sterf.”
Dis ’n kragtige beeld van wat gebeur wanneer ons kies om wrok en bitterheid aan die lewe te hou. Ons dink soms dat om iemand nie te vergewe nie, die ander persoon sal “betaal” vir wat hulle aan ons gedoen het. Maar in werklikheid is dit ons eie harte wat ly.
God se Woord roep ons tot ’n ander manier van leef – ’n pad van vergifnis, genade en innerlike vrede.
16 Jul 2025 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Groot Kraal 19 Desember

De Wet Vermeulen gesels met Elrica oor sy leer produkte en die passie van die Pretoria Boeremark.
19 Dec 2025 18 min

Oppinuus - Willem Els oor fluitjieblaser beskerming

Annelie gesels met Willem Els van die instituur vir Sekerheids Studies oor Marius van der Merwe of soos hy in die Mhlanga kommisie bekend gestaan het Getuie D se Moord. Die wetgewing oor die beskerming van fluitjie blasers en wat moet gebeur om toekomstige getuies en fluitjieblasers te beskerm
11 Dec 2025 20 min

Francois van Rensburg

Annelie gesels met Francois van Rensburg oor sy en Charlize Berg se nuwe Kersfees duet "Geseënde Kersfees" en kyk hoe goed hy ander kersliedjies ken
9 Dec 2025 21 min

Oppinuus - Minister Willie Aucamp

Annelie gesels met die nuwe minister van bosbou, visserye en die omgewing oor sy nuwe portefeulje en planne vir sy termyn.
21 Nov 2025 16 min