Spreeklewe - Bo dit alles moet julle mekaar liefhê.

Loading player...
Kolossense 3:13-15
13Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. 14Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. 15En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.
9 Jul 2025 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Nicholis Louw en Pieter Pruis

Nicholis Louw en Pieter Pruis neem die Mirrag met Annelie ateljee oor! Hulle gesels oor hulle nuwe liedjie "Feit soos 'n koei" en is sommer net lekker laf so op 'n Vrydag middag.
3 Jul 25 min

Myan Subrayan

Annelie gesels met Myan Subrayan oor sy werk met van ons land se Grootste sportsterre, sy getuienis en dat hy geskiedenis gemaak het as die eerste Indier wat as spreker in Afrikaans by die Voortrekker monument opgetree het. En oor die ware "Curry Cup"
1 Jul 15 min

Justin Serrao

Annelie gesels met Justin Serrao oor sy musiek en sy jare in die bedryf en toets sommer ook sy Afrikaans
25 Jun 18 min

Anelma - Fiesta

Grootfm se eie Anelma van Heerden is die nuwe aanbieder van die Kyknet program Fiesta! Annelie gesels met haar oor feeste, tv en radio en of sy koffie of sosiale media verkies
11 Jun 14 min