Wat ek geleer het oor verhoudings op die plaas’ – Yolandi Marais

Loading player...
Yolandi Marais het op ’n plaas grootgeword, werk as konsultant elke dag met boere en het ook vanjaar met ’n boer getrou. Sy vertel oor wat sy tot dusver geleer het oor verhoudings, verantwoordelikheide, vrou-wees en vreugdes op die plaas.

Johan Beukes en Yolandi Marais van Dunamus Agri Advisory Services gesels in dié Bly Boer-episode oor boerdery in Suid-Afrika, met ’n spesifieke fokus op die menslike en verhoudingsaspekte daarvan.
In die episode sal jy meer hoor oor:
• Hoe boervroue ’n kritieke rol speel in die ondersteuning van hul mans en die volhoubaarheid van boerderye;
• Die verwoestende impak van ’n brand;
• Die sielkundige uitdaging om hulp te aanvaar as ’n trotse boer;
• Die integrasie van aangetroude familielede in die boerdery; en
• Hoe om konflik te hanteer en gemeenskaplike doelwitte te bereik.
15 Jun 2025 Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

Landboumark Voorslag: Episode 6 - Putter Geologiese Dienste

In Episode 6 van Landboumark Voorslag maak ons kennis met Frans Putter van Putter Geologiese Dienste, ՚n hidrogeoloog wat boere geld spaar deur eerlik te sê wat die wetenskap wys, al beteken dit geen nuwe boorgat nie. Landboumark Voorslag word aangebied deur Elzette Boucher-Krüger. Nuwe episodes word elke Maandag om…
10 Aug 17 min

Landboumark Voorslag: Episode 5 - Terrapro CC

In episode 5 van Landboumark Voorslag hoor ons hoe ՚n toevallige ontdekking op ՚n Europese landbouskou meer as twee dekades se sukses met ՚n unieke produk vir Lukas Rautenbach van Terrapro CC voorafgegaan het. Nuwe episodes van Landboumark Voorslag word elke Maandag om 19:00 gepubliseer. Aan jou gebring deur Landboumark,…
3 Aug 21 min

Landboumark Voorslag: Episode 4 - Affieplaas Boerseep

In episode 4 van Landboumark Voorslag hoor ons van ՚n onderneming wat nie net outentieke plaasprodukte vervaardig nie, maar ook ander entrepreneurs bemagtig. Willem en Hannetjie Smit se besluit om weer boerseep volgens ՚n ou familie-resep op die plaas te maak, was die begin van iets veel groter. Vandag glo…
27 Jul 12 min

Landboumark Voorslag: Episode 3 - Agri Solutions

In episode 3 van Landboumark Voorslag word vertel hoe ’n sakebedryf en geloof saamwerk vir diensbaarheid in aksie. Van ’n wildplaas naby Dinokeng tot ’n onderneming met vier unieke afdelings – Agri Solutions se Sakkie Pelser het ’n eenvoudige oplossing vir elektriese heinings omskep in ’n onderneming wat plastiek herwin,…
20 Jul 23 min

Landboumark Voorslag: Episode 2 - Master Steel Structures

In episode 2 van Landboumark Voorslag vertel ՚n entrepreneur hoe hy met min ondervinding in die staalkonstruksiebedryf ՚n onderneming gekoop en laat floreer het. Sedert 2009 het Jaco Hefer van Master Steel Structures – van ’n Vrystaatse groentjie wat nie eens geweet het wat steierwerk is nie tot die eienaar…
13 Jul 16 min