AfriForum veg voort teen mynaansoek by Krugerwildtuin

Loading player...
AfriForum vra vir die opskorting van die omgewingsgoedkeuringsproses vir 'n voorgestelde steenkoolmyn naby die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Die burgerregte-organisasie beskuldig die Departement van Minerale en Petroleumbronne en die omgewingskonsultant Kimopax daarvan, dat hulle in die geheim belangrike dokumente hersien en geregistreerde belanghebbendes van 'n openbare vergadering uitgesluit het. Lambert de Klerk van AfriForum gesels met Kies Koers.
12 Jun 2025 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Ken Treloar ken hommeltuie

Ken Treloar van Aerobotics se tweede boek. "Drone Data Metrics for Orchard Farming" is onlangs vrygestel. Hy is een van die gassprekers by die AmberMac Makadamia Ekspo.
6 Feb 6 min

Dawie Roodt praat bek-en-klouseer

Die ekonoom Dawie Roodt was gister 'n gasspreker by die AmberMac Makadamia Ekspo. Hy is bekend vir sy op die man af sienings.
6 Feb 10 min

Groot skenking vir Ereveldwagters verwelkom

Die Graskop Gorge Lift het R100 000 aan die SANParke Ereveldwagters geskenk om hul ondersteuning van die Krugerwildtuin na onlangse verwoestende oorstromings te ondersteun. Ons gesels met John Marsh, die voorsitter van die Laeveld Ereveldwagters.
5 Feb 6 min

Toename in malaria-gevalle in Laeveld

Mpumalanga se Gesondheidsdepartement berig malariagevalle het toegeneem, met meer as 300 bevestigde gevalle verlede maand vergeleke met slegs 69 in Januarie verlede jaar. Die direkteur vir Oordraagbare Siektes, Mandla Zwane, sê mense moet toetse laat doen indien hulle simptome soos koors, hoofpyn of braking ontwikkel.
4 Feb 9 min