Droomsindroom reg om vleis te wys by die RPO Noord-Kaap vleisfees 2025!

Loading player...
Die Rooivleis Produsente Organisasie Noord-Kaap bied op 13 Junie 2025 in samewerking met Beefmaster die Wys Jou Vleisfees aan by die Mittah Seperepere Konferensiesentrum in Kimberley en OFM as trotse mediavenoot. Dit is ‘n fees vir elke vleisliefhebber – met meer as 100 stalletjies, vee-uitstallings, kompetisies soos skaapkop-eet en boogskiet, die gewilde Lamb Champs, en ‘n propvol musiekprogram tot 23:00 met Droomsindroom, Jan Jan Jan, en meer! Kaartjies is te koop vanaf R50 op Quicket en by die hekke. Die Janne van Jan Jan Jan sluit by Yolanda Maartens aan om hul opwinding te deel!
10 Jun 2025 English South Africa News · Business

Other recent episodes

Enslins gee insig op voorlopige belasting

Enslins lewer hoëgehalte, kliëntgesentreerde rekeningkundige en konsultasiedienste aan. Pulane Nel-Sekepe is in gesprek met Marinus Hoek om die noodsaaklikhede van voorlopige belasting en wat dit vir u winsgrens beteken, te verduidelik. Marinus deel kundige insigte oor die navigasie van afsny datums en die vermyding van algemene ramingsslaggate, om te verseker…
28 Jan 3 min

Immunadue: Meer as 'n immuunversterker

Immunadue gee jou al die daaglikse ondersteuning in één bottel – met vitamiene, minerale en antioksidante. Dit is meer as net 'n immuunversterker. Kyk uit vir die een met die pers prop! Bemarkings Direkteur van Star Choice Marketing, Schalk Mulder sluit by Pulane Nel-Sekepe aan om meer te vertel van…
28 Jan 4 min

Laerskool Eureka bied weer hul Jaarlikse Wildsveiling aan

Die Laerskool Eureka Jaarlikse Wildsveiling is terug en hierdie keer is dit net vir mans. Dis ’n aand vir goeie geselskap, lekker mense, sterk stories en regte manne-kuier. ’n Ontspanne atmosfeer waar vriende bymekaarkom en nuwe bande gesmee word. As jy lus is vir ’n goeie tyd, goeie geselskap en…
26 Jan 2 min

Aquazone Global skop die jaar af met 'n spesiale aanbod!

Aquazone Global bestaan al langer as 25 jaar en hulle spog met meer as 90 000 kliente wat in hulle mediese sisteem belê het. Aquazone Global het n draagbare mediese osoon sisteem wat mense se lewens verander. Kobus Tosen en Dr. Jacky Hattingh kuier op At Lunch om meer oor…
21 Jan 5 min