Huldeblyk aan Dr Johan Pienaar

Loading player...
Ons bring hulde aan die lewe en nalatenskap van Dr Johan Pienaar . Dr Pienaar, 'n geliefde kollega en vriend van Radiokansel, het diep spore getrap as prediker, mentor, en geestelike leier. Sy jarelange betrokkenheid by Radiokansel het hom geliefd gemaak onder ons luisteraars as 'n uitnemende verkondiger van God se Woord.

Ons deel herinneringe aan sy passie vir die liefde van God, die genade van Jesus Christus, en die krag van die Heilige Gees. Luister saam na stories van sy bediening, sy leierskap, en die waardes wat hy nagelaat het.
22 May 2025 4AM English South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Daag net op! Onderhoud met Nicolette Steele

Wynand Rossouw gesels vanoggend met Nicolette Steel wat kom gesels oor hulle werk in die Midde - Ooste, haar passies en ook die projekte waarmee hulle besig is. Nicolette se boodskap aan ons almal vandag: daag net op!
27 Oct 2AM 20 min

Erin Patience van I AM Youth oor die Pennesakkieprojek

As deel van Radiokansel se 45ste bestaansjaarvieringe het ons ’n Pennesakkie Gevul met Hoop van stapel gestuur om in die volgende generasie te belê. Danksy die ruimhartigheid en ondersteuning van ons luisteraars, skenkers, borge en vennote kon meer as 2 000 Graad 12-leerders pennesakkies met noodsaaklike eksamenskryfbehoeftes en boodskappe van…
27 Oct 1AM 10 min