Sondagaand Erediens - Ds Hannes du Plessis

Loading player...
JOHANNES 20
Die opstanding.
(Mt. 28:1-10 en ooreenk. pl.)
1EN op die eerste dag van die week kom Maria Magdaléna vroeg, terwyl dit nog donker was, by die graf en sien dat die steen van die graf weggeneem was.
2Sy hardloop toe en kom by Simon Petrus en by die ander dissipel vir wie Jesus liefgehad het, en sê vir hulle: Hulle het die Here uit die graf weggeneem, en ons weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.
3 Toe gaan Petrus en die ander dissipel uit en kom by die graf.
4En die twee het saam gehardloop, en die ander dissipel het vooruit gehardloop, vinniger as Petrus, en eerste by die graf gekom.
5En terwyl hy neerbuk, sien hy die doeke lê; maar hy het nie ingegaan nie.
6Toe kom Simon Petrus agter hom aan en gaan in die graf en sien die doeke lê;
7en die doek wat op sy hoof was, sien hy nie by die doeke lê nie, maar opgerol op een plek afsonderlik.
8Daarop het ook die ander dissipel wat eerste by die graf gekom het, ingegaan, en hy het gesien en geglo.
9Want hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Hy uit die dode moes opstaan nie.
10En die dissipels het weer huis toe gegaan.
25 May 2025 1PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

MATTEUS 4 Die versoeking in die woestyn (Mark. 1:12-13; Luk. 4:1-13) 1Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. 2Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword.
11 May 2AM 11 min

Saterdag Oggenddiens - Past Neville Goodchild

PSALMS 32 U het my skuld vergewe 1'n Gedig van Dawid. Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word. 2Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar…
9 May 2AM 15 min