Woensdag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

Loading player...
PSALMS 37
Geluk van die goddelose is maar skyn.
1 'n PSALM van Dawid.
Alef. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie;
2want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.
3 Bet. Vertrou op die Here, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,
4en verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.
5 Gimel. Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;
6en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.
7 Dalet. Swyg voor die Here en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.
8 He. Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig.
9Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat die Here verwag, hulle sal die aarde besit.
10 Wau. En nog 'n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie.
11 Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.

39 Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die Here, hulle toevlug in tyd van benoudheid.
40En die Here help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.
21 May 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

EFESIËRS 6 Die Christen se wapenrusting 10Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. 11Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. 12Ons stryd is nie teen vlees en…
19 Dec 1AM 19 min

Donderdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

LUKAS 22 42“Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied!” MATTEUS 27 46Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?
18 Dec 1AM 21 min

(GELOFTEDAG) Dinsdagoggend Erediens - Past Pieter Calitz

PSALMS 66 Hoe ontsagwekkend is u werk! 1Vir die koorleier. 'n Lied. 'n Psalm. Juig tot eer van God, almal op aarde! 2Sing tot roem van sy Naam, gee Hom die eer wat Hom toekom! 3Bely voor God: Hoe ontsagwekkend is u werk! U mag is groot, u vyande kruip…
16 Dec 2AM 21 min