SA Beker: Boland Kavaliers in halfeind teen Pumas die naweek

Loading player...
Die Boland Kavaliers het Saterdag 'n bonuspunt-oorwinning van 36-22 oor die Oostelike Provinsie behaal om die vierde plek op die SA Beker-punteleer te verseker, wat vir hulle 'n plek bespreek in die Curriebeker se Premier-afdeling. Die Griekwas het 'n opwindende 31-29 sege oor die Cheetahs beklink en die onoorwonne Airlink Pumas het die Griffons se kwalifikasiepoging met 'n 48-7 oorwinning gestop. Die Kavaliers reis nou na Nelspruit vir hul halfeindronde teen die Pumas, wat bo-aan die punteleer pronk. Die Griekwas, in tweede posisie, speel tuis teen die Cheetahs in die ander semifinaal.
13 May Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

'n Spikkel in die lug

Martie Naudé se tweede boek, 'n Spikkel in die Lug, is by die drukkers en net betyds vir Kersfees. Sy vertel hoe haar boek gebore is. Kontak haar by 079-775-3294 om bestellings te plaas.
18 Dec 6 min

Grootste Geloftedag in dekades by Monument gevier

Op Dinsdag het nagenoeg 40 000 mense Geloftedag by die Voortrekkermonument herdenk. Dit was ongetwyfeld een van die mees betekenisvolle en omvangryke herdenkings in etlike dekades. Dawid Brand, bedryfshoof: media, bemarking en toerisme van die Kultuurtuiste, sê 2025 was ‘n besonderse jaar vir Afrikaners.
18 Dec 8 min

Hou asb. by die padreëls die vakansie

Wees veilig op die pad hierdie feestyd. Solange Soares van TRACN4 verduidelik aan die Middag Game Drive watter maatreëls TRAC alles in plek het.
16 Dec 11 min

Vind genesing in jou tuin

Kan jy genesing vind in jou tuin? Luister na die professionele opinie van 'n organiese groentetuin kundige Elzabé de Bruyn.
15 Dec 13 min