Sondagaand Erediens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
OPENBARING 3

Sewende brief: aan die gemeente van Laodicéa.
14EN skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God:
15Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!
16Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.
17Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.
18Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.
19 Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.
20Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
21Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.
22Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.
11 May 1PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

EFESIËRS 6 Die Christen se wapenrusting 10Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. 11Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. 12Ons stryd is nie teen vlees en…
19 Dec 1AM 19 min

Donderdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

LUKAS 22 42“Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied!” MATTEUS 27 46Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?
18 Dec 1AM 21 min

(GELOFTEDAG) Dinsdagoggend Erediens - Past Pieter Calitz

PSALMS 66 Hoe ontsagwekkend is u werk! 1Vir die koorleier. 'n Lied. 'n Psalm. Juig tot eer van God, almal op aarde! 2Sing tot roem van sy Naam, gee Hom die eer wat Hom toekom! 3Bely voor God: Hoe ontsagwekkend is u werk! U mag is groot, u vyande kruip…
16 Dec 2AM 21 min