Saterdag Oggenddiens - Past Deon Bosch

Loading player...
JOHANNES 13
34 'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.
35 Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.

I JOHANNES 4
9 Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.
10Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n versoening vir ons sondes.
11Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.
12 Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.
13Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het.
14En ons het aanskou en ons getuig dat die Vader die Seun as Verlosser van die wêreld gestuur het.
15 Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is — God bly in hom, en hy in God.
16En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.
17Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.
18Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.
19 Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.
20 As iemand sê: Ek het God lief — en sy broeder haat, is hy 'n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?
21En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.
12 Apr 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

DEUTERONOMIUM 3 16Ek het die gebied van Gilead af tot in die middel van die Arnonbedding vir die stamme Ruben en Gad gegee. Hulle noordgrens was Jabbokspruit, die grens van die Ammoniete se land, PSALMS 139 24Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op…
16 Jul 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

PSALMS 139 23Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. 2 TESSALONISENSE 3 16Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!
15 Jul 2AM 12 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

PSALMS 139 23Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. 24Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! 2 TIMOTEUS 3 16Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die…
14 Jul 2AM 12 min

Maandag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

PSALMS 139 23Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. 24Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! 2 TIMOTEUS 3 16Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die…
13 Jul 2AM 11 min

Sondagaand Erediens - Past Pieter Calitz

1 PETRUS 3 7Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.
12 Jul 1PM 21 min