Maandag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

Loading player...
I SAMUEL 1
Die gelofte van Hanna. Geboorte van Samuel.
1DAAR was 'n sekere man uit Ramatáim, 'n Sufiet, uit die gebergte van Efraim, en sy naam was Élkana, die seun van Jeróham, die seun van Elíhu, die seun van Tohu, die seun van Suf, 'n Efratiet.
2En hy het twee vroue gehad; die naam van die een was Hanna, en die naam van die tweede was Peninna; en Peninna het kinders gehad, maar Hanna het geen kinders gehad nie.
3En dié man het van jaar tot jaar opgegaan uit sy stad om te aanbid en aan die Here van die leërskare te offer in Silo, waar die twee seuns van Eli, Hofni en Pínehas, priesters van die Here was.
4En op 'n dag het Élkana geoffer en aan sy vrou Peninna en al haar seuns en haar dogters dele van die offervleis gegee;
5maar aan Hanna het hy 'n dubbele deel gegee; want hy het Hanna liefgehad; maar die Here het haar moederskoot toegesluit.
3 Mar 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandagoggend - Ds Bergh Muller

ROMEINE 3 19Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees; 20aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want…
17 Mar 2AM 10 min

Sondagoggend Erediens - Dr Belinda van der Vlies

SPREUKE 3 1MY seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar; 2want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder. 3Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou…
16 Mar 3AM 26 min