Truth Thursdays Ep8: Om te skei of nie? En hoe om dit te vermy.

Loading player...
Hierdie week gesels Pulane Nel Sekepe en Madeleen Steenkamp, 'n kliniese sielkundige, oor skei en hoe paartjies op daai punt kom. Madeleen deel insig oor hoe mense op daai punt kom, hoe om deur die huwelik te werk en die verhouding te verbeter, asook hoe om deur al daai emosies te werk tot op die punt waar jy hierdie groot besluit moet neem.
30 Jan 2025 Afrikaans South Africa Leisure · Personal Journals

Other recent episodes

'n Opvolg vraag oor intimiteit neem 'n interesante draai...

Na die vorige gesprek met Madeleen Steenkamp, het 'n luisteraar se vraag ingekom: Die raad is gevolg, hul het gepraat en 'n middeweg gevind... maar hoe nou gemaak as die 1 maat dan nie by die beplanning wil hou nie? Pulane en Madeleen se gesprek neem dan ook 'n dieper…
6 Jul 13 min

Ervaar jy geaardheidsveranderinge tydens familiebyeenkomste?

Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp bespreek 'n vraag wat vanaf 'n luisteraar ingekom het. Hoe gemaak as jou lewensmaat skielik snaaks, ongeskik, of buite karakter optree gedurende familiebyeenkomste? Hoe benader jy so 'n gesprek met jou maat, om seker te maak jy verstaan dalk die rede agter dit.
3 Jul 9 min

'Workaholic' op vakansie... hoe nou gemaak?

Madeleen Steenkamp, kliniese sielkundige van Bloemfontein, antwoord die vraag: Hoe gemaak as jou maat aanhou werk wanneer jul met vakansie gaan. Sy verduidelik hoe belangrik dit is dat jy nie aanvallend moet wees as jy met jou maat daaroor praat nie, maar moet kom met 'n plan en met die…
2 Jul 8 min

Wie dra die broek in die verhouding?

Die 1 wat wel die broek dra, moet daardie eer en voorreg verdien deur 'n goeie leier te wees, en nie 'n diktator wat alles op almal wil afdwing nie. Dalk is dit nodig dat daar meer as 1 broek in die huis gedra word, afhangend van watter sterkpunte elke…
5 Jun 9 min

Wat is liefde vir jou?

Madeleen Steenkamp, ’n kliniese sielkundige van Bloemfontein, raak vandag aan die hartsnare met haar gesprek oor: Wat is liefde? Hoe jy liefde ervaar, kan heeltemal verskil van jou maat se behoeftes. En as daardie "gee-en-neem"-verhouding nie gebalanseerd is nie, gaan een van die maats afgeskeep voel en nie geliefd voel…
4 Jun 8 min