Voedselgroepe
--:--
’n Gebalanseerde dieet is ’n dieet wat uit die regte aantal porsies van al die voedselgroepe bestaan sodat ons onder meer genoeg vitamiene en minerale inneem. Ons moet ook genoeg water drink. Hoewel water nie energie verskaf nie, is dit steeds ’n voedingstof. Ongeveer 60% van ’n mens se liggaamsmassa is water en die brein bestaan uit 75% water. Water help onder meer met die vervoer van voeding- en afvalstowwe, en reguleer die liggaam se temperatuur en die korrekte funksionering (werking) van liggaamselle.