Donderdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

--:--
I SAMUEL 17

31Toe hulle die woorde hoor wat Dawid spreek en dit voor Saul meedeel, het dié hom laat haal.
32En Dawid het aan Saul gesê: Laat die manne se moed tog nie ter wille van hom sink nie. U dienaar sal gaan en teen hierdie Filistyn veg.
33Maar Saul het Dawid geantwoord: Jy kan nie na hierdie Filistyn gaan om teen hom te veg nie, want jy is 'n seun, en hy is 'n krygsman van sy jeug af.
34Daarop sê Dawid aan Saul: U dienaar het vir sy vader die kleinvee opgepas, en as daar 'n leeu of 'n beer kom en 'n stuk kleinvee uit die trop wegdra,
35dan gaan ek uit agter hom aan en verslaan hom en ruk dit uit sy bek uit; en as hy my aanval, gryp ek hom aan sy baard en verslaan hom en maak hom dood.
36U dienaar het die leeu sowel as die beer doodgeslaan, en met hierdie onbesnede Filistyn sal dit gaan net soos met een van hulle, omdat hy die slagordes van die lewende God uitgedaag het.
37Verder sê Dawid: Die Here wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan, en mag die Here met jou wees!
21 Nov 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

MARKUS 6 35En toe dit reeds laat geword het, kom sy dissipels na Hom en sê: Die plek is verlate en dit is reeds laat. 36Stuur hulle weg, sodat hulle na die buitewyke en dorpe rondom kan gaan om brood vir hulleself te koop, want hulle het niks om te…
20 Nov 1AM 12 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

MATTHÉÜS 14 24En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle. 25Maar in die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see. 26En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle…
19 Nov 1AM 12 min

Maandag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

MARKUS 2 Die verlamde man in Kapérnaüm. (Mt. 9:1-8 en ooreenk. pl.) 1EN ná 'n paar dae het Hy weer in Kapérnaüm gekom, en die mense het gehoor dat Hy in die huis was. 2En dadelik het baie saamgekom, sodat daar selfs by die deur nie meer plek was nie;…
18 Nov 1AM 13 min

Sondagaand Erediens - Past Pieter Calitz

I PETRUS 3 7Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is — sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.
17 Nov 12PM 22 min