Saterdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

Loading player...
I KORINTHIËRS 3

10Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos 'n bekwame boumeester die fondament gelê, en 'n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.
11Want niemand kan 'n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.
12En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels —
13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.
14As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;
15as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
16 Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?
17As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.
18 Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;
19want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;
20en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.
21 Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle;
4 Jan 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

ROMEINE 10 9As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. 10Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered. 11Die…
20 Dec 1AM 19 min

Vrydag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

EFESIËRS 6 Die Christen se wapenrusting 10Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. 11Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. 12Ons stryd is nie teen vlees en…
19 Dec 1AM 19 min

Donderdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

LUKAS 22 42“Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied!” MATTEUS 27 46Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?
18 Dec 1AM 21 min