Len Muller - Arende en Engele - 25 Oktober 2024

--:--
Len se nuutste kortspeelplaat, ARENDE EN ENGELE is uit, en dit is opgedra aan sy vrou en seun. Hierdie projek is ’n intieme en persoonlike weergawe van Len se lewe, geïnspireer deur sy reis as ’n pa, eggenoot, musikant en mens.
Die album, wat hy beskryf as ’n “akoestiese ballade album met diep lirieke en intieme stemopnames”, bevat ’n mengsel van akoestiese pop en country musiek, en is vervaardig deur die bekroonde Theo Crous by Bellville Studios.
Len gesels met Almarie oor sy musiek, pa wees en dat jy uituindelik OK gaan wees.
25 Oct English South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

HARM ENGELBRECHT - Besigheidsmense, Geloof en Geestelike Volwassenheid

Ons gesels met Harm Engelbrecht van CBMC (Christian Businessmen's Connection) oor die rol wat geestelike volwassenheid in Christus kan speel in die besigheidswêreld. CBMC is 'n netwerk wat besigheids- en beroepsmense help om hul geloof te versterk en uit te leef in hul professionele lewens. Verder bespreek ons die komende…
19 Nov 12 min

JOHAN LIEBENBERG - Die Musieklegendes Agter Diamond & The Storytellers

In hierdie gesprek gesels ons met Johan Liebenberg, die Namibiese musikus en Neil Diamond tribute-kunstenaar. Johan, wat erken word as die Neil Diamond van Suid-Afrika, deel sy musiekreis en bespreek sy uitverkoopte vertonings, insluitend die gewilde Diamond & The Storytellers show. Hy bring 'n eerbetoon aan musieklegendes soos Johnny Cash,…
15 Nov 20 min