Sondagaand Erediens - Ds Kobus Botha

Loading player...
MATTHÉÜS 1

Geboorte van Jesus Christus.
18 DIE geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.
19En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei.
20Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;
21 en sy sal 'n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
22En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het:
23 Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
24En toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gedoen soos die engel van die Here hom beveel het en sy vrou by hom geneem;
25en hy het haar nie beken totdat sy haar eersgebore Seun gebaar het nie; en hy het Hom Jesus genoem.
22 Dec 12PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

II KRONIEKE 16 Asa verbind hom met Aram teen Israel. Sy dood. 1IN die ses-en-dertigste jaar van die regering van Asa het Baésa, die koning van Israel, opgetrek teen Juda en Rama gebou om niemand van Asa, die koning van Juda, te laat uit- of ingaan nie. 2Toe bring Asa…
24 Dec 1AM 20 min

Maandag Oggenddiens - Past Buks van Staden

MARKUS 5 Die besetene van Gádara. (Mt. 8:28-34 en ooreenk. pl.) 1EN hulle het aan die oorkant van die see gekom in die land van die Gadaréners. 2En toe Hy uit die skuit gaan, kom daar dadelik uit die grafte Hom tegemoet 'n man met 'n onreine gees, 3wat sy…
23 Dec 1AM 17 min

Sondagoggend Erediens - Ds Kobus Botha

LUKAS 2 Die herders van Betlehem. 8EN daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. 9En meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn…
22 Dec 2AM 19 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

LUKAS 2 Símeon en Anna. 25EN daar was 'n man in Jerusalem met die naam van Símeon; en hierdie man was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die Heilige Gees was op hom. 26En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy…
21 Dec 1AM 22 min