VRYDAE MET FARREN - Dok Ds Llewellyn MacMaster - Niks is ontmoontlik in die Here

--:--
20.09.2024 - Skakel in op Vrydag 20 September vanaf 09:00-11:00 wanneer Ds Farren saam kuier met Dok Ds Llewellyn MacMaster.

Die tema: “Niks is ontmoontlik in die Here”

Gebore op die plaas Hillmoor, in die distrik Steynsburg, Oos-Kaap. In 1986 voltooi hy teologiese en predikante opleiding by UWK. Hy was ook vir ‘n tydjie ‘n onderwyser voordat hy beroep word as predikant op 1 Augustus 1987 in die NG Sendingkerk Lavis, Bishop Lavis. Na 9 jaar diens daar, het vir 5 jaar studentekapelaan by UWK geword. Gedien as scriba synodi van die Kaapse Streeksinode van die VGKSA asook ander streeks- en algemene sinodekommissies. Meestersgraad in Kliniese Pastorale Sorg en Berading aan die Universiteit Stellenbosch. In 2001 aangestel as dosent in Teologie aan die Hugenote Kollege, Wellington. Ook aangestel as Viserektor en Waarnemende Rektor in 2005. In 2006 word hy Dosent in Pastorale Sorg, Berading en Teologie aan die Fakulteit Teologie, US. Studentedekaan aan die US vanaf 2008 tot Augustus 2013. In 2010 Voltooi hy ‘n DTh in Praktiese Teologie oor “Die uitdaging van gangsterism aan geloofsgemeenskappe op die Kaapse Vlakte. Leraar by VGKSA SA Gestig (Belhar), Jan 2017 - Des 2023; emeriteer. Dien ook as Moderator vd VGK Streeksinode Kaaplan. 35 jaar getroud met Jenni pa van Ramon en Adrienne, en oupa van Mason en Hannah.

Luister ook op streema by www.kaapsekansel.co.za.
of laai ons toep af en luister ook na die potgooi enige tyd enige plek!
20 Sep Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

VRYDAE MET FARREN - Bernard Peters van Kaapse Forum - Al gaan ek ook

27.09.2024 - Skakel in op Vrydag 27 September vanaf 09:00-11:00 wanneer Ds Farren saam kuier met Bernard Peters van Kaapse Forum. Die tema: Al gaan ek ook Bernard is gebore en groot geword in die Kaap. Gaan skool in Goodwood. Eerste generasie Matie. BSc, Geologie, BSc Hons. Petroleum Geologie, MSc…
27 Sep 1 hr 03 min

VRYDAE MET FARREN - Anslin Gysman - Wanneer die Here jou roep

06.09.2024 - Skakel in op Vrydag 6 September vanaf 09:00-11:00 wanneer Ds Farren kuier saam met die formidabele Anslin Gysman. Die tema: Wanneer die Here jou roep. Anslin…..(Beskrywing in Afrikaans) Luister ook op streema by www.kaapsekansel.co.za. of laai ons toep af en luister ook na die potgooi enige tyd enige plek!
6 Sep 54 min