Mbombela-toets teen Argentinië uitverkoop

Loading player...
Die Springbokke se toets teen Argentinië in die Rugby-kampioenskap volgende Saterdag is volledig uitverkoop. Die Bokke kan reeds die naweek hul eerste Kampioenskapstitel sedert 2019 buit as hulle die Pumas in Santiago del Estero verslaan. Die Argentyne is die enigste ander mededinger om die titel terwyl die Springbokke die enigste onoorwonne span in die kompetisie is. Die bestuurder van Mbombela-stadion, Roelf Kotze, vertel hoe die logistiek op die dag gaan werk.
16 Sep 2024 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Securicon: So spoor ons gesteelde voertuie op

Callum MacPherson van Securicon sê jou eerste stap wanneer jou voertuig gesteel word is om jou sekerheidsmaatskappy te kontak, eerder as om dit dadelik op sosiale media te deel.
13 Aug 13 min

Mahindra: Stel veiligheid eerste

Cas Kolbè, handelaarshoof van Mahindra Nelspruit, gesels met die Middag Game Drive oor hoe belangrik veiligheidsoorwegings geword het in die aankoop van 'n voertuig.
12 Aug 11 min