Spreeklewe - Psalm 63

Loading player...
Ek bly altyd naby U
1'n Psalm van Dawid, na aanleiding van sy verblyf in die Judawoestyn.
2Ek soek U, o God, my God,
ek dors na U;
ek smag na U
soos in 'n dor en droë land,
'n land sonder water.
3Ek wil by U in die heiligdom wees
om daar u mag en grootheid te ondervind.
4U troue liefde is meer werd as die lewe;
daarom sal ek U prys.
5Ek sal U my lewe lank loof,
my hande ophef om u Naam te prys.
6Soos elke keer wanneer ek u goeie gawes geniet,
sal ek U altyd roem met jubelende mond.
7As ek aan U dink op my bed,
oor U peins in die nag, dan weet ek:
8U is vir my 'n hulp,
en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels.
9Ek bly altyd naby U,
u hand ondersteun my.
14 Aug 2024 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Spreeklewe - 'n Tyd vir Stilword

Jesjaja 40:31 maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie. Lydenstyd is ’n tyd van bepeinsing en stilte. Afsondering is daarom baie nodig. Hoewel daar in hierdie tyd nagedink word…
9 Apr 7 min

#KomOnsPraatDaaroor - 9 April

Kom Ons Praat Daaroor se 3 aanbieders, Annelie Bouwer, Charonike Nel en Tanya de Vente-Bijker, het uiteenlopende persoonlikhede en opinies, soos hulle oor nuusgebeure, snaakshede, hartstories en stories wat jou warm onder die kraag maak, gesels.
9 Apr 43 min

#LositBeter - April Full

Grootfm 90.5 se #Lositbeter verander April Fool hierdie jaar in April FULL! Wanvoeding is verwoestend - dit is die onderliggende oorsaak van meer as die helfte van kindersterftes in Suid-Afrika. Dit vernietig 'n kind selselmatig - hul kognitiewe ontwikkeling, hul immuunstelsel, hul liggaam sowel as hul spiergroei en maak hulle…
1 Apr 29 min

#KomOnsPraatDaaroor - 2 April

Kom Ons Praat Daaroor se 3 aanbieders, Annelie Bouwer, Charonike Nel en Tanya de Vente-Bijker, het uiteenlopende persoonlikhede en opinies, soos hulle oor nuusgebeure, snaakshede, hartstories en stories wat jou warm onder die kraag maak, gesels.
2 Apr 44 min

David Lazarus

David Lazarus het al die pad uit Australiê by Annelie kom kuier om oor sy nuwe enkelsnit "I Struck Gold" te gesels
20 Mar 25 min