Sondagaand Erediens - Ds Wimpie Raadt

Loading player...
JOB 23
Job: Wat God wil, doen Hy
1Toe het Job weer gepraat:
2“Ek kla nog steeds uit opstandigheid,
ek kan nie ophou kla nie.
3As ek maar geweet het waar om God te vind,
sou ek na sy woonplek toe gaan
4en my saak voor Hom lê,
my pleidooie aan Hom stel.
5Ek sou van Hom antwoord probeer kry,
probeer verstaan wat Hy vir my wil sê.
6Hy sal tog nie met sy groot krag teen my 'n saak voer nie;
Hy sal my dit nie aandoen nie,
7want dit sou 'n opregte mens wees wat daar voor Hom pleit
en ek sou vir altyd deur my Regter vrygespreek word.
16 Jun 2024 1PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Ds Bergh Müller

HEBREËRS 10 Die offer van Jesus Christus 11Verder, elke priester staan dag vir dag sy diens en verrig, en bring elke keer weer dieselfde offers, wat tog nooit die sondes kan wegneem nie. 12Maar Jesus Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van…
27 Mar 2AM 19 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Bergh Müller

JOHANNES 10 10'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. 11“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. 15net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken;…
26 Mar 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Bergh Müller

JOHANNES 10 14“Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, 15net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape. 16Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet…
25 Mar 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

MATTEUS 26 37Hy het vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saamgeneem. Toe het Hy bedroef en beangs geword 38en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My.” 39Hy het 'n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en…
24 Mar 2AM 10 min

Maandag Oggenddiens - Ds Bergh Müller

1 PETRUS 2 21Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg. 22“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” 23Toe Hy beledig…
23 Mar 2AM 12 min