KOPSKUIF - Zuléka Smit - Bekroonde skrywer en motiveringspreker

Loading player...
13.01.2024 - Op 13 Januarie gesels Zuléka Smit, opvoeder en graadhoof by Klein Boishaai in die Paarl en bekroonde skrywer en motiveringspreker, op Kopskuif. Ben gaan skool toe, ’n pragtige storie oor die onsekerheid van skool toe gaan, is onlangs met ’n ATKV-Woordveertjie bekroon. Hierdie boek is gebaseer op Zuléka se baie jare in die onderwys en haar ervarings met haar eie kinders. Sy is ook bekend vir haar Facebook-blad, “Uit die pen van ’n mamma en juffrou”. Skakel in en luister hoe hierdie lief-vir-die-lewe-opvoeder praktiese raad gee om die terug-skool-toe-fase aan te pak.
13 Jan 2024 Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

Kom luister hoe Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes, en Chareldine van der Merwe, projekbestuurder

Kom luister op 25 Julie op Kopskuif hoe Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes, en Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die Vriende van Afrikaans (VVA), gesels. As onderwyser, gemeenskapsleier en voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes verenig Brandon ’n paar liefdes: Afrikaans, opvoeding, kultuur, kuns en gemeenskap. Chareldine se…
25 Jul 52 min