Sondagaand Erediens - Past Marius Jacobs

Loading player...
LUKAS 9

Die verheerliking op die berg
(Matt. 17:1-8;Mark. 9:2-8)
28Omtrent ag dae nadat Jesus hierdie woorde gesê het, het Hy vir Petrus en Johannes en Jakobus saamgeneem die berg op om te gaan bid. 29Terwyl Hy bid, het die voorkoms van sy gesig anders geword en sy klere skitterend wit. 30Skielik was daar twee manne wat met Hom praat. Dit was Moses en Elia. 31Hulle het in hemelse glans verskyn en met Hom gepraat oor sy uittog wat Hy in Jerusalem sou voltooi.
32Petrus en die ander het intussen vas aan die slaap geraak, en toe hulle wakker word, sien hulle die hemelse glans van Jesus en ook die twee manne wat by Hom staan. 33Toe die manne aanstaltes maak om van Hom af weg te gaan, sê Petrus vir Jesus: “Here, dit is goed dat ons hier is. Laat ons drie hutte bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia.”
Hy het nie geweet wat hy sê nie.
19 Nov 2023 12PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagoggend Erediens - Past Riaan de Bruyn

JOHANNES 8 God is nie hulle Vader nie 31Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; 32en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” PSALMS 139 U omsluit my van alle kante…
19 Jul 3AM 16 min

Saterdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

2 TIMOTEUS 3 16Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, 17sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke…
18 Jul 2AM 17 min

Vrydag Oggendiens - Past Riaan de Bruyn

2 TIMOTEUS 3 16Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, PSALMS 139 U omsluit my van alle kante 1Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm. Here, U…
17 Jul 2AM 13 min