Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raadt

Loading player...
NUMERI 1
Israel word vir militêre diens getel
1Die Here het met Moses gepraat in die tent van ontmoeting in die Sinaiwoestyn. Dit was op die eerste dag van die tweede maand, in die tweede jaar nadat Israel uit Egipte weggetrek het. 2-3Die Here het gesê: “Jy en Aäron moet al die Israeliete man vir man tel volgens afkoms en familie; skryf die name op van elke manlike persoon van twintig jaar en ouer, elkeen in Israel wat vir militêre diens geskik is en wat in leërafdelings ingedeel is. 4Julle moet hierin bygestaan word deur persone wat hoofde is van hulle families, een uit elke stam. 5En dit is die name van die manne wat vir julle moet bystaan:
“uit die stam Ruben: Elisur seun van Sedeür;
6uit Simeon: Selumiël seun van Suri-Saddai;
7uit Juda: Nagson seun van Amminadab;
8uit Issaskar: Netanel seun van Suar;
9uit Sebulon: Eliab seun van Gelon;
10uit die nageslag van Josef, uit Efraim: Elisama seun van Ammihud, en uit Manasse: Gamliël seun van Pedasur;
11uit die stam Benjamin: Abidan seun van Gidoni;
12uit Dan: Agiëser seun van Ammi-Saddai;
13uit Aser: Pagiël seun van Okran;
14uit Gad: Eljasaf seun van Reüel;
15uit Naftali: Agira seun van Enan.”
16Hulle was die manne wat uit die vergadering aangewys is, leiers van die stamme van hulle voorvaders en stamhoofde van Israel.
22 Oct 2023 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagoggend Erediens - Past Riaan de Bruyn

JOHANNES 8 God is nie hulle Vader nie 31Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; 32en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” PSALMS 139 U omsluit my van alle kante…
19 Jul 3AM 16 min

Saterdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

2 TIMOTEUS 3 16Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, 17sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke…
18 Jul 2AM 17 min