Donderdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raadt

Loading player...
EKSODUS 15
Die Here is oorwinnaar in die stryd
1Toe het Moses en die Israeliete die volgende lied tot eer van die Here gesing:
“Ek wil tot eer van die Here sing
omdat Hy hoog verhewe is.
Perd en strydwa
het Hy in die see geslinger.
2Die Here is my krag
en my beskerming.
Hy het tot my redding gekom.
Hy is my God, Hom roem ek,
die God van my voorvaders,
Hom prys ek.
3Die Here is oorwinnaar in die stryd,
sy Naam is ‘die Here’!
4Die strydwaens van die farao en ook sy leër
het Hy in die see geslinger.
Die keur van Egipte se offisiere
is in die Rietsee gedompel.
5Watermassas het hulle oordek,
soos 'n klip het hulle in die dieptes afgesak.
19 Oct 2023 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagoggend Erediens - Past Riaan de Bruyn

JOHANNES 8 God is nie hulle Vader nie 31Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; 32en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” PSALMS 139 U omsluit my van alle kante…
19 Jul 3AM 16 min