Vrydag Oggenddiens - Past Buks van Staden

Loading player...
PSALMS 143
Wys my die pad wat ek moet loop
1'n Psalm van Dawid.
Hoor my gebed, Here,
luister tog na my smeking.
U is getrou en regverdig,
antwoord my tog!
2Moet tog nie 'n regsaak teen my begin nie,
want niemand wat leef, is voor U onskuldig nie!
3'n Vyand vervolg my,
hy trap my in die grond,
hy hou my gevange in die donker.
Ek is soos iemand wat lankal dood is.
4Ek het alle moed verloor,
ek is verslae.
5Ek dink aan die verre verlede,
ek peins oor alles wat U gedoen het
en oor die werk van u hande dink ek na.
6Ek strek my hande uit in gebed na U toe,
ek is voor U soos 'n uitgedorde land.
13 Oct 2023 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

MATTEUS 24 Die profetiese rede: die dag en die uur van die wederkoms (Mark. 13:32-37; Luk. 17:26-30,34-35) 36“Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit.
23 Dec 1AM 12 min

Sondagoggend Erediens - - Past Pieter Calitz

LUKAS 18 Die blinde man by Jerigo (Matt. 20:29-34; Mark. 10:46-52) 35Jesus het naby Jerigo gekom. Toe 'n blinde man wat daar langs die pad sit en bedel, 36die groot menigte mense hoor verbyloop, vra hy wat aan die gang is. 37Hulle vertel hom toe: “Jesus van Nasaret gaan hier…
21 Dec 2AM 22 min

Saterdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

ROMEINE 10 9As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. 10Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered. 11Die…
20 Dec 1AM 19 min