Woensdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

Loading player...
MATTEUS 11
1Toe Jesus klaar was met die opdragte aan sy twaalf dissipels, het Hy daarvandaan weggegaan om die mense in hulle dorpe te leer en vir hulle te preek.
Jesus en die vraag van Johannes die Doper
(Luk. 7:18-35)
2Johannes het in die tronk gehoor wat Christus alles gedoen het, en het toe deur sy volgelinge 'n boodskap aan Hom gestuur om te vra: 3“Is U die Een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?”
4Jesus antwoord hulle: “Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien: 5Blindes sien, lammes loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, en aan armes word die evangelie verkondig.
11 Oct 2023 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

MATTEUS 24 Die profetiese rede: die dag en die uur van die wederkoms (Mark. 13:32-37; Luk. 17:26-30,34-35) 36“Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit.
23 Dec 1AM 12 min

Sondagoggend Erediens - - Past Pieter Calitz

LUKAS 18 Die blinde man by Jerigo (Matt. 20:29-34; Mark. 10:46-52) 35Jesus het naby Jerigo gekom. Toe 'n blinde man wat daar langs die pad sit en bedel, 36die groot menigte mense hoor verbyloop, vra hy wat aan die gang is. 37Hulle vertel hom toe: “Jesus van Nasaret gaan hier…
21 Dec 2AM 22 min

Saterdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

ROMEINE 10 9As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. 10Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered. 11Die…
20 Dec 1AM 19 min