Pediatric Care Africa ry trekker vir welsyn

Loading player...
Pediatric Care Africa ry in Julie deur vyf provinsies met 'n trekker ten bate van welsyn.
Dr. André Hattingh sê hierdie 2 500 km "on Track-tor for Charity" is bedoel om R1 miljoen in te samel vir drie behoeftige kinders wat groot operasies benodig.
Met die rit tussen plaasgemeenskappe wys hy ook sy ondersteuning vir die 911 Riders se kruistog vir bewusmaking oor plaasmoorde.
Hulle vertrek op 2 Julie vanuit Witrivier.
Hattingh gesels met Gerhardt en Andri.
15 Jun 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min

Learn Beyond the Label hou werkswinkel

Learn Beyond the Label bied op 24 Oktober ‘n werkswinkel met ‘n indrukwekkende groep sprekers aan om ouers, onderwysers, terapeute en dokters in te lig oor ADHD en disleksie. Amanda Broodryk vertel waarom sy voel daar is so ’n groot behoefte aan bewusmaking hieroor.
15 Oct 11 min

Wip op vir Flamboyant met 'n doel

Flamboyant skool mik om 'n sandterapiekamer te installeer vir hul leerlinge. Hoof Gail van der Riet en onderwyser Jess Redfern vertel meer oor wat dit is.
15 Oct 10 min