Pumas deur na Curriebeker halfeindronde

Loading player...
Na dramatiese rugbyaksie die naweek is dit die Toyota Cheetahs wat na afloop van die 14 rondomtalie-rondes bo-aan die Curriebeker punteleer lê. Na die Cell C Haaie se 5-44 nederlaag teen die DHL WP eindig hulle tweede. Die Airlink Pumas, die verdedigende kampioene, het die Windhoek Draught Griekwas Vrydag in Kimberley met 27-17 afgeransel om derde te eindig. Die Vodacom Bulle kon twee bonuspunte red in hul 27-31 nederlaag in Pretoria teen die Cheetahs en is vierde.
Die Pumas reis die naweek na Durban. Hoofafrigter Jimmy Stonehouse, en Marius van Rensburg, kuier in die ateljee.
12 Jun 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min

Learn Beyond the Label hou werkswinkel

Learn Beyond the Label bied op 24 Oktober ‘n werkswinkel met ‘n indrukwekkende groep sprekers aan om ouers, onderwysers, terapeute en dokters in te lig oor ADHD en disleksie. Amanda Broodryk vertel waarom sy voel daar is so ’n groot behoefte aan bewusmaking hieroor.
15 Oct 11 min

Wip op vir Flamboyant met 'n doel

Flamboyant skool mik om 'n sandterapiekamer te installeer vir hul leerlinge. Hoof Gail van der Riet en onderwyser Jess Redfern vertel meer oor wat dit is.
15 Oct 10 min