Ouers eis antwoorde oor Estralita Spesiale Skool

Loading player...
Hanlie Swanepoel, die hoof van Estralita Spesiale Skool in Lydenburg, is in Mei verlede jaar deur die provinsiale departement van onderwys gevra om eerder nie skool toe te kom nie, weens kommer oor haar veiligheid.
Dit is na lede van Nehawu wat by die skool werk, ernstige bewerings teen haar gemaak het.
Sy is nooit geskors nie en die Mpumalanga Departement van Onderwys het ‘n ondersoek van stapel gestuur.
‘n Jaar later, is die uitslag van die ondersoek nog nie bekendgemaak nie.
Sedert verlede Maandag, is die skool nie meer operasioneel nie.
Ouers soek antwoorde.
Sonja Boshoff, ‘n DA-lid van die Nasionale Raad van Provinsies, en Lindi Sepobe, die voorsitter van die skoolbeheerliggaam, gesels met Mireille.
9 Jun 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min

Learn Beyond the Label hou werkswinkel

Learn Beyond the Label bied op 24 Oktober ‘n werkswinkel met ‘n indrukwekkende groep sprekers aan om ouers, onderwysers, terapeute en dokters in te lig oor ADHD en disleksie. Amanda Broodryk vertel waarom sy voel daar is so ’n groot behoefte aan bewusmaking hieroor.
15 Oct 11 min

Wip op vir Flamboyant met 'n doel

Flamboyant skool mik om 'n sandterapiekamer te installeer vir hul leerlinge. Hoof Gail van der Riet en onderwyser Jess Redfern vertel meer oor wat dit is.
15 Oct 10 min