Ervaring van onskatbare waarde vir toekomstige chefs

Loading player...
Die Fred Kinnear Uitnodigings Gholftoernooi vind môre plaas by Mbombela Gholfklub, ten bate van Pro-Gratia-leersentrum.
Die skool se gasvryheid-leerlinge het die geleentheid om self die voorgereg en nagereg vir die deelnemers voor te berei en te bedien.
Die bekende televisie-kok en skrywer Errieda du Toit het vandag kom hand bysit voor die groot dag.
Die hoof van vaardigheid-ontwikkeling by Pro Gratia, Ansie Viljoen, sê die ervaring is vir die leerlinge van onskatbate waarde.
8 Sep 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min

Learn Beyond the Label hou werkswinkel

Learn Beyond the Label bied op 24 Oktober ‘n werkswinkel met ‘n indrukwekkende groep sprekers aan om ouers, onderwysers, terapeute en dokters in te lig oor ADHD en disleksie. Amanda Broodryk vertel waarom sy voel daar is so ’n groot behoefte aan bewusmaking hieroor.
15 Oct 11 min

Wip op vir Flamboyant met 'n doel

Flamboyant skool mik om 'n sandterapiekamer te installeer vir hul leerlinge. Hoof Gail van der Riet en onderwyser Jess Redfern vertel meer oor wat dit is.
15 Oct 10 min