Coenie Naudé maak sy debuut

Loading player...
Plaaslike musikant Coenie Naudé het sy debuutalbum by Van Coke Studios opgeneem en is amper gereed om dit vry te stel.
Die bekendstelling is op 16 Julie 2022 by The Blue Gate in Nelspruit, 'n verhoog na aan sy hart.
Hy beskryf dit as 'n rock-album en die liedjies daarop is baie persoonlik.
Hy het met Mireille en Ludi gesels tydens die Ontbyt-program vanoggend.
23 Jun 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min

Learn Beyond the Label hou werkswinkel

Learn Beyond the Label bied op 24 Oktober ‘n werkswinkel met ‘n indrukwekkende groep sprekers aan om ouers, onderwysers, terapeute en dokters in te lig oor ADHD en disleksie. Amanda Broodryk vertel waarom sy voel daar is so ’n groot behoefte aan bewusmaking hieroor.
15 Oct 11 min

Wip op vir Flamboyant met 'n doel

Flamboyant skool mik om 'n sandterapiekamer te installeer vir hul leerlinge. Hoof Gail van der Riet en onderwyser Jess Redfern vertel meer oor wat dit is.
15 Oct 10 min