Flinkdink speletjiesaand is terug

Loading player...
Raap jou slimste en skerpste vriende bymekaar en skryf as ’n span in vir Innibos se tweede Flinkdink op Donderdag, 19 Mei, om 18:00. Dit gaan nie net julle algemene kennis toets nie. In die Noot vir noot- en Beat the intro-afdeling kan die spanne mekaar lekker troef met hulle musiekkennis en luistervernuf. Die woordgeeste kan op hul beurt hulle slag wys met die blokraai, terwyl almal ’n gelyke kans staan in die gelukspel Bingo.
Vanjaar strek die pret en vermaak nóg verder: In die laaste Olimpiade-afdeling sal die Suikerbossie-spanne teen die luisteraars van 100.5FM (Radio Laeveld) meeding. Onthou om in te skakel indien jy nie self by Suidkerbossie kan wees nie maar nie die uitdaging wil misloop nie.
Andy Lubbe en Alison Linde het met Mireille gesels.
Besoek www.innibos.co.za om die inskrywingsvorm af te laai en kontak Linde by 082-460-3855 met enige navrae.
12 May 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min

Learn Beyond the Label hou werkswinkel

Learn Beyond the Label bied op 24 Oktober ‘n werkswinkel met ‘n indrukwekkende groep sprekers aan om ouers, onderwysers, terapeute en dokters in te lig oor ADHD en disleksie. Amanda Broodryk vertel waarom sy voel daar is so ’n groot behoefte aan bewusmaking hieroor.
15 Oct 11 min

Wip op vir Flamboyant met 'n doel

Flamboyant skool mik om 'n sandterapiekamer te installeer vir hul leerlinge. Hoof Gail van der Riet en onderwyser Jess Redfern vertel meer oor wat dit is.
15 Oct 10 min