Kaartjies open vir All Black-toets in Mbombela

Loading player...
Kaartjieverkope vir die Springbokke se 2022 tuistoetse open op 9 Maart, om 9-uur vir die publiek.
Kaartjies vir die Bokke se Castle Lager Rugby Kampioenskap-wedstryd teen die All Blacks by Mbombela-stadion in Nelspruit op 6 Augustus sal beskikbaar wees by Computicket en die stadion-kantoor.
Pryse daarvoor wissel van 150-Rand tot 1-duisend-500-Rand.
Stadion bestuurder, Roelf Kotze, sê al 43-duisend-500 sitplekke sal beskikbaar wees.
Saru sê hulle glo beperkinge van 2-duisend op skares sal binne die volgende weke gelig word.
9 Mar 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Securicon: So spoor ons gesteelde voertuie op

Callum MacPherson van Securicon sê jou eerste stap wanneer jou voertuig gesteel word is om jou sekerheidsmaatskappy te kontak, eerder as om dit dadelik op sosiale media te deel.
13 Aug 13 min

Mahindra: Stel veiligheid eerste

Cas Kolbè, handelaarshoof van Mahindra Nelspruit, gesels met die Middag Game Drive oor hoe belangrik veiligheidsoorwegings geword het in die aankoop van 'n voertuig.
12 Aug 11 min